

Die naam laat mense glimlag en dit is presies die punt. "Hol" is een van daai woorde wat net lekker is om te sê en wat Hol.Stoel verhuring perfek opsom. Dis speels en laat mense sommer twee keer kyk. Ons glo 'n funksie moet nie net mooi lyk nie; dit moet ook persoonlikheid hê. Hol.Stoel bring daardie tong-in-die-kies gevoel saam met stylvolle kuierstelle wat gemaak is om mense bymekaar te bring, gemaklik te laat kuier en herinneringe te skep.
Ja, die naam is 'n bietjie tong-in-die-kies. Ja, mense lag gewoonlik die eerste keer wat hulle dit hoor. En daarna onthou hulle dit.
Want uiteindelik beskryf Hol.Stoel presies wat ons doen.
Ons verhuur volledig saamgestelde kuierstelle vir geleenthede, ruimtes waar mense kan sit, kuier, stories deel en herinneringe maak. Elke stel is reeds sorgvuldig saamgestel sodat jy nie hoef te wonder watter meubels bymekaar pas nie.
Ons glo 'n funksie hoef nie net mooi te wees nie; dit moet ook lig, lekker en vol persoonlikheid voel. Tussen al die beplanning, stres en sperdatums wil ons daardie klein oomblik van glimlag terugbring.
Want die beste funksies is dié waar mense lank bly sit.
En as almal nog oor Hol.Stoel praat wanneer hulle huis toe gaan, het ons ons werk reg gedoen.
Die hol.stoel nuusbrief. Net die lekker goed
Ons het die perfekte kombinasie reeds vir jou saamgestel
loer na ons 4 kuierstelle




Hoe werk dit?
Ons vier KUIERSTELLE vorm een volledige ervaring en word daarom slegs as 'n volledige stel verhuur.
01
Laatweet ons jou datum
Vul die navraagvorm in.
02
Ons bevestig beskikbaarheid
Ons kontak jou binne 24 uur.
03
Betaal en bespreek
Jy ontvang jou kwotasie en faktuur
04
Ons lewer af
Ons bring die kuierstelle en gee 'n foto van elke stel vir die opset











